NewsSchools

EHS-landloopatlete presteer goed tydens Interhoër

EHS se senior dogterspan het in die eerste plek in die spankompetisie geëindig en die junior dogterspan het in die tweede plek geëindig.

Hoërskool Ermelo het op 21 Augustus saam met 19 ander skole aan die jaarlikse landloop-interhoër by Ligbron Akademie vir Tegnologie deelgeneem.

Caylin Loock het ’n tweede plek in die junior dogtersafdeling behaal, terwyl Jana Nel ’n derde plek in die senior dogtersafdeling en Luyanda Mabuza ’n derde plek by die senior seunsafdeling verower het.

EHS se senior dogterspan het in die eerste plek in die spankompetisie geëindig en die junior dogterspan het in die tweede plek geëindig.

Die atlete het gedurende die drie voorafgaande liga-byeenkomste die kans gehad om punte bymekaar te maak om vir die ligatoekennings te kwalifiseer.

Bongmusa Vilakazi (S0/14) het ’n bronsmedalje ontvang, Luyanda Mabuza (S0/19) het ’n eerste plek behaal en Chantelle Swart (D0/16) het ’n eerste plek tydens dié toekennings verower.

Caylin Loock, Chantelle Swart, Bongmusa Vilakazi en Luyanda Mabuza neem op 31 Augustus aan die Mpumalanga-kampioenskap deel.

Hoërskool Ermelo se junior-landloopdogters het ’n tweede plek tydens die jaarlikse landloop-interhoër behaal. Voor is Aloné Arnoldi, Johnke Prinsloo en Kayla van der Meyden. Agter is Mandi Swart, Caylin Loock en Zané du Plessis. (Foto: Verskaf)

Related Articles

Back to top button