Local newsNews

Altus Burger sal onthou word as ’n saggeaarde reus

Hy was in 1982 die hoofseun van Hoërskool Ermelo en het ook uitgeblink op die rugbyveld, waar hy die Suid-Afrikaanse skole rugbyspan in 1982 en 1983 verteenwoordig het.

Mnr. Altus Burger, oud Ermeloër is op 17 Augustus op die ouderdom van 54 jaar dood.

Mnr. Jaco Burger het sy broer as ’n saggeaarde reus met ’n liefde vir die buitelewe beskryf.

Hy was in 1982 die hoofseun van Hoërskool Ermelo en het ook uitgeblink op die rugbyveld, waar hy die Suid-Afrikaanse skole-rugbyspan in 1982 en 1983 verteenwoordig het.

Vir drie jaar was hy deel van die Suid-Oos Cravenweekspan.

Mnr. Burger het ná skool sy onderwys diploma aan die destydse Normaal Kollege Pretoria (NKP) voltooi.

Hy het Noord-Transvaal in verkeie wedstryde verteenwoordig en die Carlton Liga in 1992 as kaptein van NKP gewen.

Vir jare was mnr. Burger in die bandebedryf betrokke en was ook die mede eienaar van Hi Q-Centurion.

Sy roudiens het op 24 Augustus by die ABK van Zijl Ouditorium by Hoërskool Ermelo plaasgevind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button