Local sportSport

Ermelo Hokkieklub nooi alle spelers om by klub aan te sluit

Oefening vind elke Dinsdag en Donderdag om 5.40nm tot 7nm, op Ligbron se Astro-bane plaas.

Ermelo Hokkieklub het vinnig naam in die HPS series hokkie-liga gemaak, en is tans derde in dié liga.

Die klub is vroeër vanjaar na vele navrae deur mnr. Vusi Nkosi, as afrigter en mnr. Adriaan van Jaarsveld, die spanbestuurder, gestig.

Mnr. van Jaarsveld, ’n onderwyser by Ligbron Akademie vir Tegnologie het toestemming by die skool gekry om hulle fasiliteite te gebruik.

Oefening vind elke Dinsdag en Donderdag om 5.40nm tot 7nm, op Ligbron se Astro-bane plaas.

Enige iemand wat by die klub wil aansluit of die klub wil borg kan mnr. van Jaarsveld skakel 076 801 1944.

Hy het sy dank uitgespreek teenoor Pro Signs en KSC Sublimations wat as borge vir die Ermelo Hokkieklub opgetree het.

Related Articles

Back to top button