Local newsNews

VIDEO: Ma emosioneel na seuns perde uit vlammehel red

Sterk wind wat gereeld van rigting verander het, het die vuur teen ’n vinnig spoed in die rigting van die perde aangehits.

Trompie van den Heever, Stiaan van den Heever en TJ van der Walt het op 8 Julie dadelik hulp ontbied, nadat hulle ’n veldbrand in Camdenlaan by die perdeterapie-skool, opgemerk het.

Die seuns het in die veld fiets gery toe hulle die vuur sien en het dadelik hul ouma om hulp geroep, terwyl hulle die perde na ’n veilige plek aangejaag het.

Sterk wind wat gereeld van rigting verander het, het die vuur teen ’n vinnig spoed in die rigting van die perde aangehits.

Inwoners het haastig nader gehardloop en gehelp waar hulle kan om die diere weg van die vuur te kry.

Me. Lydia Boersema, van die perdterapie-skool, het gesê: “Ons wil net vir almal wat kom help het tydens die brand, bedank.”

Vir meer fotos volg hierdie skakel:

https://highvelder.co.za/83509/gallery-veldbrand-perdeterapie-skool-veroorsaak-choas/

Related Articles

Back to top button