Local newsNews

Reënval was bo-gemiddeld vir 2013

Ermelo se reënval vir 2013, gemeet by die SAVF-Huis in die middedorp, is 850 mm wat die jaarlikse gemiddeld met 50mm oortref. Dit is ook 192mm meer as die vorige jaar se reënval. In die laaste drie maande van die jaar is 472,50mm aangeteken. Desember met 19 reëndae en ’n neerlag van 204mm, was die …

Ermelo se reënval vir 2013, gemeet by die SAVF-Huis in die middedorp,

is 850 mm wat die jaarlikse gemiddeld met 50mm oortref.

Dit is ook 192mm meer as die vorige jaar se reënval.

In die laaste drie maande van die jaar is 472,50mm aangeteken.

Desember met 19 reëndae en ’n neerlag van 204mm, was die natste maand.

Dit is ook die sewende hoogste Desember-reënval op rekord.

Junie en Julie was reënlose maande.

Die maandelikse neerslae vir 2013 is: Januarie 93,50mm; Februarie 53mm; Maart 65mm; April 139,50mm; Mei 13,50mm;

Junie en Julie geen neerslag; Augustus 4,50mm; September 18,50mm; Oktober 135,50mm (12 reëndae); November 132,50mm (14 reëndae); Desember 204mm (19 reëndae). (CK)

Related Articles

One Comment

  1. Maintain the excellent job mate. This web blog publish shows how well you comprehend and know this subject. cdecgkccfdac

Back to top button