CrimeNews

NUUSFLITS – ACSU op Ermelo se flink optrede fnuik beweerde korrupte hofbeampte se slinkse streke

Die verdagte is in aanhouding en sal op 20 Mei in Ermelo Landdroshof verskyn.

‘n Reaksiespan van ACSU, het op 17 Mei, met die hulp van Middelburg Polisie se korrupsie-eenheid, ’n verdagte in hegtenis geneem, nadat inligting ontvang is dat die verdagte geld ontvang het om ’n veediefstal-saak teen vyf verdagtes te belemmer.

Die klopjag wat deur ACSU gereël is, het op Breyten plaasgevind.

Die verdagte is in aanhouding en sal op 20 Mei in die Ermelo Landdroshof verskyn.

Dit volg nadat vyf verdagtes op 7 Mei op aanklag van veediefstal in hegtenis geneem is.

’n 32-Jarige man, wat vermoedelik ’n prokureur van Pretoria is, tesame met 11 ander verdagtes, is op Dinsdag 7 Mei, in die Breyten-omgewing op aanklag van veediefstal in hegtenis geneem.

Die Hoëvelder sal lesers op hoogte hou van die saak.

Related Articles

Back to top button