NewsSchools

Ligbron Akademie vir Tegnologie se redenaars sê hul sê

Zack Bosman het almal oortuig dat geld nie geluk kan koop nie en het met die trofee vir beste junior redenaar weggestap.

Die jaarlikse junior redenaarskompetisie van Ligbron Akademie vir Tegnologie het op Donderdag 11 April plaasgevind.

Die redenaars het die gehoor behoorlik laat nadink oor aktuele onderwerpe en ook laat skater met hul skerp humorsin.

Die beoordelaars moes mooi dink om wenners tussen die uitstekende sprekers uit te kies en met slegs ’n punt verskil tussen die top drie plekke, was die kompetisie straf.

Zack Bosman het almal oortuig dat geld nie geluk kan koop nie en het met die trofee vir beste junior redenaar weggestap, Lohan Coetzee het die tweede plek ingeneem en John Lloyd en Prajna Bhika het gesamentlik in die derde geëindig.

Related Articles

Back to top button