GeneralNews

Mertia Bekker van Ermelo het onlangs haar eerste digbundel vrygestel

Haar gunsteling gedig, Die Stoet, is ook die eerste gedig wat sy geskryf het. Die gedig gaan oor die dag wat die Here gekruisig is en wat dit vir die mensdom beteken het.

Me. Mertia Bekker is in Bethal gebore en het aan Hoërskool Hoogenhout gematrikuleer, waarna sy in 1981 na Ermelo verhuis en drie jaar by ’n kollege studeer het, waar sy ‘n handelskursus gedoen het.

Sy het reeds van skool af ‘n groot liefde vir skryf en is gereeld oor die vingers getik oor haar opstelle en briewe wat te lank was.

Haar digkuns het een Sondag na kerk begin toe sy begin het om te skryf en voor sy besef het, het sy die dag se preek in ‘n gedig verwoord.

Vriende aan wie sy die gedigte aangestuur het, het haar aangemoedig om haar gedigte in ‘n bundel te laat publiseer.

Sy het dr. Piet van Zyl sowel as ds. Frans Boshoff bedank wat haar inspireer het, asook me. Cloete en me. Strydom vir die hulp om haar boek te laat druk.

Lees meer oor me. Bekker se gunsteling digkuns in die week se Hoëvelder.

Related Articles

Back to top button