Local newsNews

Ermelo Fotoklub wys beste fotos aan tydens maandbyeenkoms en dis ’n moet-sien

Die foto’s wat ingeskryf is vir April is deur mnr. Lourens de Beer beoordeel om die wenners in elke ster-kategorie aan te wys.

Lede van die Ermelo Fotoklub kry elke maand die geleentheid om foto’s in hulle kategorieë asook in die vasgestelde onderwerp, in te skryf.

Die foto’s wat ingeskryf is vir April, is deur mnr. Lourens de Beer beoordeel om die wenners in elke ster-kategorie aan te wys.

Hy was streng met sy beoordeling van die foto’s, maar het goeie raad en terugvoering aan die fotograwe gegee.

Jacques Kruger met sy foto “Lucas the spider” is as die junior-wenner aangewys en Thinus van Schalkwyk is met sy foto “Roofarend roof Lanner-vangs ” as die senior-wenner aangewys.

Die vasgestelde maandonderwerp was binnekant van ’n gebou.

Die volgende maandvergadering van Ermelo Fotoklub is op Vrydagaand 3 Mei om 7nm by die N.G. Kerk De Bruinpark.

Lees meer oor die wenners van elke kategorie in vandeeseek se Hoëvelder.

 

 

 

Related Articles

Back to top button