Local sportSport

Ermelo Defensive Pistol klub (EDPC) geniet liga-skietdag by Vlakfonteinskietbaan

Flip du Plessis is met ’n tyd van 100.33 sekondes as die algehele wenner van die dag aangewys, met John Whatley met ’n tyd van 135.08 sekondes in die tweede plek, en Neil Taylor met 135.51 sekondes in die derde plek.

Ermelo Defensive Pistol klub (EDPC) het op Saterdag, 23 Maart, ‘n liga-skietdag by die Vlakfonteinskietbaan op die Chrissiesmeerpad aangebied.

Skuts van Ermelo, Johannesburg, Pretoria, Witbank, Middelburg en Durban het die dag bygewoon.

Flip du Plessis is met ‘n tyd van 100.33 sekondes as die algehele wenner van die dag aangewys, met John Whatley met ‘n tyd van 135.08 sekondes in die tweede plek en Neil Taylor met 135.51 sekondes in die derde plek.

Petri Banks (140.40 sek) het in die vierde plek geëindig, Coenie Meyer (165.38 sek) vyfde, Johnny dos Reis (166.30 sek) sesde, Alex Curtis (170.09 sek) sewende, Paul van Niekerk (173.85 sek) agtste, Victor Borges (177.49 sek) negende en Tinus de Jager (178.06 sek) 10de.

In die senior-afdeling het Johnny dos Reis (166.30 sek) die eerste plek ingeneem, met Nic Schwartz (192.33 sek) in die tweede plek, en Stephan Karow (229.70 sek) in die derde plek.

Vivian Whatley het eerste in die “distinguished”-seniorafdeling met ‘n tyd van 281.49 sekondes geëindig.

Die wenner in die vroue-afdeling was Hannele de Villiers met ‘n tyd van 217.65 sekondes, gevolg deur Cecelia Beukes (283.74 sek) tweede, en Storm Bradbury (293.17 sek) derde.

In die “industry”-afdeling het Duane Wessels (218.83 sek) in die eerste plek geëindig, Tinus de Jager (178.06 sek) het die “press”-afdeling gewen, en in die “law enforcement”-afdeling het Gert Jansen van Rensburg (186.78 sek) in die eerste plek geëindig, en Jayson Smuts (198.79 sek) het die tweede plek ingeneem.

Flip du Plessis is as die mees akkuraatste skut van die dag aangewys, gevolg deur Neil Taylor in die tweede plek, en Paul van Niekerk in die derde plek.

Die res van die top 10 akkuraatste skuts vir die dag is: Petri Banks, Storm Bradbury, Jayson Smuts, Gert Jansen van Rensburg, John Whatley, Tinus de Jager en Stephen Karow.

Victor Borges in aksie tydens Ermelo Defensive Pistol klub (EDPC) se liga-skietdag wat op Saterdag, 23 Maart aangebied is.
Johnny dos Reis konsentreer om die teikens teen die vinnigste tyd moontlik tydens Ermelo Defensive Pistol klub se liga-skietdag raak te skiet.

Related Articles

Back to top button