Local newsNews

Nuwe Vroue Landbou-unie (VLU) oggend-tak op Ermelo gestig

Die VLU Robyn-tak het hulle stigtingsvergadering Dinsdag, 12 Maart geniet saam met vise-voorsitter van Tambuki-streek.

Die Vroue Landbou-unie Tambuki-streek het op Dinsdag, 12 Maart nog ‘n tak op Ermelo verwelkom.

Die Robyn-tak het hulle stigtingsvergadering saam met me. Marietjie Linström, die vise-voorsitter van Tambuki-streek en me. Stienie Wolhunter van Wakkerstroom, geniet.

Volgens me. Lenie Groenewald, die voorsitter van Robyn-tak, is die tak voortspruitend uit die Talento Mulher-tak en bestaan uit jonger lede wat opsoek was na ‘n oggendtak.

Sy beplan opwindende uitstappies vir die tak se maandelikse byeenkomste en het bygevoeg dat die tak bekend sal staan nie net as Vroue Landbou-unie nie, maar ook as “vrek lekker uitstappies”.

Hulle is opgewonde oor wat die nuwe begin vir Ermelo-vroue kan inhou.

Indien enige vrou belangstel om by die tak aan te sluit kan hulle me. Groenewald skakel by 073 254 5467.

Related Articles

Back to top button