EntertainmentLifestyle

Ermelo se Vryburgers nooi almal na die TamaaiBraai vir bejaardes

Die beplanning vir vanjaar is dat al 22 korpse landswyd vir ’n ouetehuise of soortgelyke inrigting in hulle onderskeie omgewings braai met die idee om die bejaardes uit hul kamers te kry en te bederf.

Ermelo se Vryburgers sal vanjaar weer aan die TamaaiBraai deelneem wat Saterdag, 13 April plaasvind.

Die eerste Tamaaibraai is verlede jaar aangebied en was so ‘n groot sukses dat dit ‘n jaarlikse instelling geword het.

Die beplanning vir vanjaar is dat al 22 korpse landswyd vir ouetehuise of soortgelyke inrigtings in hulle onderskeie omgewings braai, met die idee om die bejaardes uit hul kamers te kry en te bederf.

Verlede jaar was daar vir bykans 3200 bejaardes gebraai, met braaivleisvure wat gebrand het in Ermelo, Ashton, Bloemfontein, Bonnievale, Koster (Buffelspoort), Ceres, Hamlet (Ceres), Laingsburg (De Doorns), George, Kroonstad, Gonubie (Oos-Londen), Oudtshoorn, Paarl, Montana (Pretoria), Rawsonville, Rustenburg, Wolseley en Worcester.

Die reuse braaidag het 150 Vryburgers gelok en omtrent net soveel helpers wat vir die bykans 3200 bejaardes gebraai het op 43 braaidromme, 150 braaitange is gebruik om die 2400 tjops, 2550 stukkies wors en 830 hoenderstukkies te braai.

Saam met die vleis was daar 1100 gebakte brode wat onder andere roosterkoek, broodrolletjies en braaibroodjies ingesluit het.

Daar is 1,5ton hout en houtskool gebruik om die vure te laat brand.

Ermelo Vryburgers het die gemeenskap uit genooi om die dag saam met hulle te kom braai en die bejaardes te bederf.

Related Articles

Back to top button