Local newsNews

Ermelo fotoklub hou algemene jaarvergadering, nooi ander met belangstelling in fotografie

Die klub nooi alle persone met ’n belangstelling in fotografie om by die klub aan te sluit. Die klub se volgende byeenkoms sal Vrydag, 1 Maart plaasvind.

Ermelo Fotoklub het Vrydag, 8 Februarie tydens hulle maandelikse byeenkoms die klub se algemene jaarvergadering gehou en die nuwe bestuur aangewys.

Die nuwe bestuur bestaan uit mnr. George Prinsloo, mnr. Jan van Niekerk, mnr. Jan Ellis, me. Jeanine Smalberger en me. Christa Strauss. Die wenners vir Februarie-inskrywings is mnr. Gert Kotze met sy foto ‘Buddies’ in die junior-afdeling en me. Rosa van Schalkwyk met haar foto ‘Ek is vreeslik dors’.

Daar is elke maand ‘n spesifieke onderwerp waarvoor elke outeur een foto kan inskryf.

Die wenner in die junior-afdeling is mnr. Jacques Kruger met sy foto “Splash” en die wenner by die seniors is me. Rosa van Schalkwyk met “Fruits in black & white”.

Die wenner by die seniors is me. Rosa van Schalkwyk met “Fruits in black & white”.

Ermelo Fotoklub vergader die eerste Vrydag van elke maand om 7nm by NG Kerk de Bruin Park.

Hulle beoog om elke maand ‘n gasspreker te hê wat die lede kom toespreek en ook die foto’s van die maand beoordeel.

Die klub nooi alle persone met ‘n belangstelling in fotografie om by die klub aan te sluit.

Die klub se volgende byeenkoms sal Vrydag, 1 Maart plaasvind.

Vir enige navrae en inligting, kan ‘n e-pos gestuur word na ermelofotoklub18@gmail.com.

Die wenner by die seniors is me. Rosa van Schalkwyk met “Fruits in black & white”.
Die wenner in die junior-afdeling is mnr. Gert Kotze met sy foto ‘Buddies’. (Foto: Verskaf)
Die wenner in die senior-afdeling is ‘Ek is vreeslik dors’ wat geneem is deur me. Rosa van Schalkwyk. (Foto: Verskaf)

Related Articles

Back to top button