Local sportSport

CrossFit IRA se Howling Commando-span eindig 20ste by die “Fittest in Cape Town”

Die oefening op die strand het onder andere ’n yskoue swemsessie en hardloop ingesluit.

Die CrossFit IRA se Howling Commando-span het algeheel in die 20ste plek by die ‘Fittest in Cape Town’ kompetisie geëindig.

Dit het Donderdag, 31 Januarie tot Saterdag, 2 Februarie in Kaapstad plaasgevind.

Die span het hulle goed van hul taak gekwyt en het die byeenkoms met Matt Fraser, wenner van Reebok CrossFit ‘Fittest man on Earth’, se slagspreuk, “hard work pays off” aangepak.

Neill Pieterse van die Howling Commando in aksie tydens die “Fittest in Cape Town” kompetisie. (Foto verskaf)

Na die eertse dag waar hulle verskeie oefeninge op die strand voltooi het, het hulle uitgesien na die twee daarop volgende dae van bloedsweet by die Groenpunt Stadion.

Die oefening op die strand het onder andere ‘n yskoue swemsessie en hardloop ingesluit.

Die skedule by Groenpunt Stadion was propvol sessies wat spoed, uithouvermoë, krag en spanwerk vereis het.

“Dit was ‘n voorreg om die byeenkoms saam met internasionale CrossFit-atlete soos Katrin Davidsdottir, Cole Sager, Alessandra Pichelli, James Newbury en Sean Sweeney te geniet,” het die span gesê.

Elandré Botha van CrossFitt IRA se Howling Commando-span tydens ’n oefeningsessie wat by Groenpunt Stadion plaasgevind het. (Foto verskaf)

Related Articles

Back to top button