NewsSchools

Dramaleerders van Ermelo Hoërskool, Laerskool JJ van der Merwe en Ermelo Christian School is opgewonde oor die At Strydom-dramaskool

Leerders wat aan die einde van die jaar hul praktiese eksamen slaag, sal elk ’n sertifikaat van mnr. Strydom se geakkrediteerde dramaskool ontvang.

Ermelo Hoërskool se dramaleerders wat by die At Strydom-dramaskool ingeskryf het, het Woensdag, 23 Januarie vir die eerste keer bymekaar gekom.

Belangstelling in dié nuwe buitekurrikulêre aktiwiteit wat deur die EHS aangebied word, is groot en ongeveer 40 leerders van EHS, JJ van der Merwe en Ermelo Christian School het Woensdagaand opgedaag vir hul eerste dramaklas.

Dit was ’n leersame ervaring waar gefokus is op verskeie opwarmingsoefeninge en elementêre dramategnieke. Leerders is ook die geleentheid gegun om mekaar beter te leer ken.

Mnr. At Strydom beskik oor sy eie drama-ateljee in Johannesburg en die Erries voel voorwaar geëerd en bevoorreg om hom by die EHS te verwelkom.

Deur die loop van die jaar sal hy onder meer aandag skenk aan: toneelspel, verhooggrimering, spraakopleiding, kreatiewe denke, mimiek, storievertelling, selfbeeld- en persoonlikheidsontwikkeling.

Daar word geglo en vertrou dat dié nuwe deur wat by die EHS oopgemaak is in die toekoms nog vele nuwe geleenthede aan baie Erries sal bied op verskeie terreine.

Leerders wat aan die einde van die jaar hul praktiese eksamen slaag, sal elk ’n sertifikaat van mnr. Strydom se geakkrediteerde dramaskool ontvang.

EHS is baie opgewonde en sien met verwagting uit na ‘n jaar vol drama-geleenthede.

Die opgewonde groep leerders het mekaar beter leer ken en is vir die opwarmingsoefeninge deur mnr. At Strydom. (Foto: Verskaf)

Related Articles

Back to top button