LettersOpinion

ANNEBEL AFSLUITING: ‘n Brief aan die Ermelo gemeenskap

Annebel Ermelo versorg tans tot 54 dogters maandeliks vir die laaste agt jaar.

Liewe Ermelo Gemeenskap,

Ek wil graag uit my hart uit dankie sê vir julle omgee vir Annebel in 2018.

Spesiale dankie aan elke kerk, skool en organisasie wat in September produkte vir Annebel ingesamel het.

Annebel Ermelo versorg tans tot 54 dogters maandeliks vir die laaste agt jaar.

Ons het vier takke in die dorp, by Laerskool JJ van der Merwe, Ermelo Laerskool, EHS, ’n dorptak en ons het ook vanjaar ’n tak by ’n plaasskool begin, Annebel Lelelelani wat deur me. Betsie Marais bestuur word.

Ek is so dankbaar teenoor die Here vir hierdie projek.

Ek kon in 2018 meer as 600 pakkies toiletware uitdeel aan minderbevoorregte dogters.

Dankie aan elke Annebel-hulpmamma wat met soveel liefde elke maand ’n pakkie vir haar Annebel-dogter gepak het.

Annebel Ermelo kon ook met die hulp van “mooi-hart”-mense 15 graad-7-dogters neem om vir hul nuwe klere te gaan koop vir hul graad-7-afskeid.

Meer as dit kon ek persoonlik elke maand in die jaar met elkeen van die Annebel-dogters sit en kuier en hulle ondersteun met hulle uitdagings en einas.

Dankie dat julle deel was van Annebel se sukses vir die jaar. Dis mense soos julle wat my sommer opgewonde maak vir nog ’n jaar.

Mag jy die vrug pluk van die “saad” wat jy in hierdie projek belê het.

Ons kon twee wonderlike afsluitgeleenthede hou, een vir JJ se dogters wat ons ’n Hawai-tema gehad het en een vir Ermelo Laerskool wat ’n masker-partytjie was.

Elke dogter het ’n pakkie ontvang wat haar tot in Januarie kan hou.

Annebel is vir my ’n hartsaak en ek is lief vir elkeen van hierdie dogters.

Dankie dat julle my hande hoog hou in die projek

Saretha Ferns, Annebel Takbestuur

Related Articles

Back to top button