GeneralNews

Vroue Landbou-unie (VLU) Talento Mulher-tak bied suksesvolle boeredans op Ermelo aan

Die boeredans is deel van die geldinsamelings-projekte wat die tak deur die jaar aangebied het om gelde in te samel vir hulle konferensie.

Die Vroue Landbou-unie (VLU) se Talento Mulher-tak het Vrydag, 16 November ’n boeredans by Ermelo se skouterrein aangebied.

Die Nooitgedacht Boereorkes het gesorg vir die musiek en die mense op hulle voete gehou.

“Almal was dit eens dat die orkes hul goed van hul taak gekwyt het.” het me. Ans Barnard, voorsitter van die VLU Talento Mulher-tak gesê.

Die boeredans vorm deel van die geldinsamelingsprojekte wat die tak deur die jaar aangebied het om geld in te samel vir hulle konferensie wat vroeg in die komende jaar sal plaasvind.

Talento Mulher het hulle dank uitgespreek teenoor Lukas en die orkeslede vir hul optrede.

“Ons sal beslis weer van hul dienste gebruik maak.”

Related Articles

Back to top button