NewsSchools

Landbou-leerders van Ermelo Hoërskool geniet praktiese evaluering by Denise Cook

Die leerders is deur die boerdery geneem en al die aspekte van intensiewe boerdery is aan hulle verduidelik.

Ermelo Hoërskool se graad 11-Landboubestuur leerders het Woensdag, 17 Oktober, hulle finale praktiese evaluering gehad by me. Denise Cook op die plaas genaamd Bloemfontein.

Die leerders is geëvalueer op sekere aspekte met betrekking tot die diere, onder andere hantering, klassifisering, dosering, inenting, kastrering en hoe om sterte af te sit.

Na hierdie praktiese geleentheid is die leerders na mnr. Morné en me. Michelle Engelbrecht. Hier is die leerders deur die konynboerdery geneem en al die aspekte van intensiewe konynboerdery verduidelik.

Laastens het die groep leerders ‘n staproete deur die klowe op die plaas geneem en ‘n natuurlike brug besoek.

Die leerders het die jaar afgesluit met ‘n gesellige braai en samesyn.

Die skool het mnr. Morné en me. Michelle Engelbrecht bedank vir die gasvryheid en deel van inligting aan die leerders.

Pedru Lourens en Aalia Deedat van Ermelo Hoërskool is besig met die dosering van skape tydens hulle praktiese evaluering. (Foto verskaf)
Cornus van den Berg en Alicia Venter van Ermelo Hoërskool besig met dosering tydens hulle praktiese evaluering. (Foto: Verskaf)
Die graad 11-seuns van Ermelo Hoërskool is besig om skape te doseer tydens hulle praktiese evaluering. (Foto: Verskaf)

Related Articles

Back to top button