Local sportSport

Ermelo “Radio Flyers”-klub bied suksesvolle vlieguitstalling by die klub op die Amersfoort-pad aan

Die klub het die kinders van die plaaslike kinderhuis betrek by die uitstalling, om op die manier terug te gee aan die gemeenskap.

Die Ermelo “Radio Flyers”-klub het Saterdag, 3 November ‘n vlieguitstalling by die klub op die Amersfoort-pad aangebied.
Toeskouers het hulle verkyk aan lugvertonings wat deur die lede aangebied is.
Die klub het die kinders van die plaaslike kinderhuis betrek by die uitstalling om op dié manier terug te gee aan die gemeenskap.
“Ons het die kinders sommer net lekker bederf,” het me. Stella Jacobs aan die Hoëvelder gesê.
Die klub se lede vlieg elke Sondag, as die weer dit toelaat, by hulle klub op die Amersfoort-pad en nooi die publiek om hulle te ondersteun.
‘n “Drone” is Saterdag uitgeloot wat deur Pieter Grobler gewen is.
Die klub het die volgende instansies bedank: 3 D Inyati Construction, Pro-Fire, plaaslike brandweer, plaaslike koerante, Burgers Springkastele en Dalifin Print.
Vir enige navrae kan Marius Botes geskakel word by 063 092 4313.

Koos Jacobs lewer ’n vliegvertoning tydens die Ermelo “Radio Flyers” se vliegdag.
Koos Jacobs maak gereed vir die vertoning wat hy Saterdag, 3 November by die Ermelo “Radio Flyers” se vliegdag.

Meer fotos beskikbaar hier:

https://highvelder.co.za/71068/gallery-ermelo-radio-flyers-klub-bied-suksesvolle-vlieguitstalling-aan/

Related Articles

Back to top button