Local sportSport

Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) Rietboktak bied suksesvolle skietdag aan

Morné Barnett is die algehele wenner van die dag, met Arnando Stapelberg in die tweede plek en Alwyn Burger in die derde plek.

Die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) Rietboktak het Saterdag, 27 Oktober ‘n skietdag aangebied.

Die kompetisie het by Vlakfonteinskietbaan op die Chrissiesmeerpad plaasgevind.

Morné Barnett is die algehele wenner van die dag

Arnando Stapelberg is in die tweede plek en Alwyn Burger in die derde plek.

Elize Barnett en Rudi Prinsloo lê aan op die langgeweerbaan tydens die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) Rietboktak se skietkompetisie.

Die ander uitslae is: 

Morné Barnett is die wenner in die mans rooibok-afdeling, gevolg deur Alwyn Burger in die tweede plek en George Stapelberg in die derde plek. Elize Barnett het in die eerste plek geëindig in die vroue-afdeling met Izél Barnett in die tweede plek.

In die pistool-afdeling het Morné Barnett in die eerste plek geëindig, met Alwyn Burger in die tweede plek en George Stapelberg in die derde plek.

In die vroue-afdeling het Izél Barnett eerste geëindig en Elize Barnett in die tweede plek.

Arnando Stapelberg is aangewys as die wenner in die .22-afdeling, gevolg deur Morné Barnett in die tweede plek en George Stapelberg in die derde plek.

In die vroue-afdeling het Izél Barnett eerste geëindig en Elize Barnett in die tweede plek.

Die wenner van die mans kleiduif-afdeling was Alwyn Burger met C Fourie in die tweede plek en George Stapelberg in die derde plek.

Izél Barnett het die eerste plek gevat in die vroue-afdeling.

George Stapelberg in aksie tydens die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) Rietboktak se skietkompetisie.

Related Articles

Back to top button