EntertainmentGeneralLifestyleNews

Tannie Poppie besoek Ermelo as spesiale gas en beoordelaar vir die VLU se beste koekgebak-kompetisie

Daar sal tydens die kompetiese snye koek te koop wees as deel van die geldinsameling vir die konferensie wat vroeg in volgende jaar deur die VLU Talento Mulher aangebied word.

Die Vroue Landbou-unie (VLU) Talento Mulher-tak bied Saterdag, 13 Oktober ’n oggendtee en beste koekgebak-kompetisie aan.

Die kompetisie sal by Ermelo Hoërskool se Landbou Akademie Saal plaasvind.

Alle deelnemers kan die resep teen R100 aankoop en die koek na eie keuse versier.

Tannie Poppie sal as spesiale gas en beoordelaar van die kompetisie optree.

Sy het ook die resep vir die kompetisie vasgestel.

Daar sal tydens die kompetiese snye koek te koop wees as deel van die geldinsameling vir die konferensie wat vroeg in volgende jaar deur die VLU Talento Mulher aangebied word.

Alle koeke moet Saterdagoggend tussen 8vm en 9vm ingehandig word.

Vir meer inligting kontak me. Ans Barnard by 078 849 4995.

Tannie Poppie is die beoordelaar van die Vroue Landbou-unie se Talento Mulher tak se beste koekgebak-kompetiese wat Saterdag, 13 Oktober by Ermelo Hoërskool se Landbou Akademie Saal sal plaasvind.

Related Articles

Back to top button