GeneralNews

Poskantoor op Ermelo laat inwoners gril

Tydens die koerant se besoek aan die poskantoor is daar ook opgemerk dat daar geen ligte na donker brand nie, wat die veiligheid van inwoners in gedrang bring.

Die toestand van die poskantoor op Ermelo is al vir ’n geruime tyd op die lippe van inwoners.

Volgens een het sy die poskantoor omstreeks 1nm besoek om soos oudergewoonte haar pos op te tel en was geskok om te sien dat die gebou soos ’n asblik lyk met papiere wat op die grond en op die toonbanke rondlê.

“Hulle het sekerlik al tyd gehad om daar skoon te maak deur die loop van die oggend. Ek het gegril en wou eers nie my pos uithaal nie,” het sy gesê.

Teen 1nm was daar nog geen teken van skoonmakers om die gemors in Ermelo se poskantoor skoon te maak nie.

’n Ander inwoner het genoem dat sy byna in ontlasting getrap het tydens haar besoek aan die poskantoor.

Daar is ook aan die Hoëvelder vertel dat inwoners onveilig voel om die poskantoor na ure te besoek omdat hawelose mense in die gebied rondhang en in die gebou slaap.

Tydens die koerant se besoek aan die poskantoor is daar ook opgemerk dat daar geen ligte na donker brand nie, wat die veiligheid van inwoners in gedrang bring.

Navrae is by die poskantoor gedoen, maar geen antwoorde is teen druktyd ontvang nie.

Teen 1nm was daar nog geen teken van skoonmakers om die gemors in Ermelo se poskantoor skoon te maak nie.
Teen 1nm was daar nog geen teken van skoonmakers om die gemors in Ermelo se poskantoor skoon te maak nie.
Teen 1nm was daar nog geen teken van skoonmakers om die gemors in Ermelo se poskantoor skoon te maak nie.

Related Articles

Back to top button