School sportSport

Seunskrieketspanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie blink uit op die sportveld

Die 0/15A-span het Saterdag, 15 September op Lydenburg teen Hoërskool Lydenburg gespeel. Ligbron het eerste gekolf en 377/9 in 50 boulbeurte aangeteken.

Die seunskrieketspanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie het ’n suksesvolle week agter die blad met al die spanne wat hul wedstryde oortuigend gewen het.

Die 0/14A-span het Maandag, 10 September op Secunda teen Hoërskool Oosterland te staan gekom. Oosterland het eerste gekolf en 98/7 in 20 boulbeurte aangeteken. Liam Kitchenmaster is aangewys as die beste bouler met 16 lopies en een paaltjie in vier boulbeurte. Die Liggies het 100/5 in 11.5 boulbeurte aangeteken.

Liam Kitchenmaster is ook aangewys as die beste kolwer met 22 lopies van 16 balle.

Ligbron het die wedstryd met vyf paaltjies gewen.

Die eerstespan het Woensdag, 12 September ’n T20-wedstryd teen Hoërskool Standerton op Standerton gespeel.

Ligbron het die loot gewen en besluit om eerste te kolf.

Die Liggies het 178/4 in 20 boulbeurte aangeteken.

Standerton het in hul kolfbeurt 86/9 in 20 boulbeurte aangeteken.

Ligbron het die wedstryd met 92 lopies gewen.

Die tweedespan het Woensdag, 12 September teen Highveld Park High School van Secunda se eerstespan gespeel.

Ligbron het eerste gekolf en 191/8 paaltjies in 20 boulbeurte aangeteken.

Highveld Park het 38 almal uit in 6.5 boulbeurte aangeteken.

Ligbron het die wedstryd met 153 lopies gewen.

Die derdespan het Donderdag, 13 September teen Hendrina se eerstespan te staan gekom. Ligbron het die loot verloor en is ingestuur om eerste te boul.

Hendrina het 58 lopies almal uit in 13.5 boulbeurte aangeteken, terwyl Ligbron 59/5 in 8.1 boulbeurte aangeteken het.

Ligbron se derdespan het die wedstryd met vyf paaltjies gewen.

Die 0/15A-span het Saterdag, 15 September op Lydenburg teen Hoërskool Lydenburg gespeel. Ligbron het eerste gekolf en 377/9 in 50 boulbeurte aangeteken.

Sias Jacobs is as die beste kolwer aangewys met 120 lopies. Lydenburg het 78 lopies almal uit in 19.2 boulbeurte aangeteken.

JP Austin is aangewys as die beste bouler met drie paaltjies vir 11 lopies in drie boulbeurte.

Ligbron het die wedstryd met 299 lopies gewen.

Die eerstespan het Saterdag, 15 September teen Hoërskool Generaal Hertzog te staan gekom.

Ligbron het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Die Liggies het 395/2 paaltjies in 50 boulbeurte aangeteken, met Ruben Herbst wat 144 lopies van 141 balle aangeteken het en Charl du Toit 112 lopies van 104 balle.

Hoërskool Generaal Hertzog het die kolf opgeneem en 56 lopies almal uit in 11.4 boulbeurte aangeteken. Mark Niebuhr is aangewys as die beste bouler met ses paaltjies vir 15 lopies in vyf boulbeurte. Ligbron se eerstesspan het die wedstryd met 339 lopies gewen.

Related Articles

Back to top button