School sportSport

Ermelo Hoërskool se 7-rugbyspan presteer by eerste toernooi

Dié oorwinning het die Erries deur gedra na die halfeindstryd teen Hoërskool Middelburg

Ermelo Hoërskool se 0/17- sewes-rugbyspan het Saterdag, 25 Augustus by Hoër Tegniese Skool Witbank aan ‘n 7’s-toernooi deelgeneem.

Die Erries het albei hul twee wedstryde teen Hoërskool Barberton en Hoërskool Oosterland met 43-0 en 56-12 onderskeidelik geklop.

Die span het na die uitdunrondes deurgedring en die kwarteindstryd teen Curro Nelspruit met ‘n telling van 42-19 gewen. Dié oorwinning het die Erries deurgedra na die halfeindstryd teen Hoërskool Middelburg.

EHS het hulself vroeg in die wedstryd op die agtervoete gevind met ‘n telling van 14-0 in die guns van Middelburg.

Na ‘n harde terugvegpoging het hulle die telling op 14-7 teen rustyd gebring, wat ook die eindtelling was.

Die Erries het in die uitdunronde vir die derde en die vierde plekke gespeel, en het hul wedstryd teen Hoërskool Steelcrest met ‘n telling van 14-7 gewen.

Die span het algeheel in die derde plek van die toernooi geëindig.

Ermelo Hoërskool se 0/17 sewesrugbyspan is (voor) Heubie van der Walt, Cornus van den Berg en Herman Moolman. In die middel is Zuzu Mabuza, Justin Mclaren, Johan Nel en Mitchelson Mkwanazi. Agter staan Rabbie Marsh, Walter Visser, Thami Nyantsumbe, Lungelani Nhlapo, mnr. Estian Horn (afrigter) en Welcome Nkosi. (Foto: Verskaf)

Related Articles

Back to top button