NewsSchools

Nog ‘n suksesvolle opedag op die Erries se kerfstok

Alles wat Vrydag plaasgevind het, het gewys dat die verskil by EHS is nie nét in wat die Erries doen nie, maar hóé die Erries dit doen

Ermelo Hoërskool het Vrydag, 27 Julie ’n opwindende opedag vir die gr. 7-leerders van 2018 gehou.

Dit het begin met ’n interessante program vir die leerders in die EHS-ouditorium, waarna hulle op die A-rugbyveld hul harte uitgespeel het op prettige opblaashindernisse.

Die Erries het die middag ’n program vir die ouers gebied wat meer insig gee oor wie en wat die Erries is en wat by die EHS gebeur.Die EHS-koor het vir hulle opgetree.

Teen 5nm het leerders die verskeie opedae by Huis Veltman en Nelstehuis bygewoon waar elkeen ’n opwindende aand met min slaap gehad het, vriendskappe ontdek het en herinneringe gebou het.

Die span Errie-onnies, -leerders en -ouers, asook die Ermelo-gemeenskap het almal agteroor gebuig om van dié dag ’n sukses te maak.

Alles wat Vrydag plaasgevind het, het gewys dat die verskil by EHS nie net is wat die Erries doen nie, maar hóé die Erries dit doen.

EHS bedank die instansies en mense wat betrokke was: Nashua Highveld, Highveld Office Supplies, JWL Ermelo, Agri-benodigdhede, mnr. Jan Grey van Jan Vos Landgoed, Claas, John Deere, Rothman Motors, TWK Ermelo, Nooitverwag Beefmasters, mnr. Jan Randell van Randell’s Ranch, me. Erica Boersema, mnr. Molie Mentz van BKB Ermelo, mnr. Muhammed Bhyat van Pit Stop, Calstar en Freshstop, Ma Bett’s, Ermelo Bedding and Lounge, mnr. Johan en me. Lize Kleynhans van Ermelo Abattoir en Wimpy.

Related Articles

Back to top button