School sportSport

Ligbron Akademie vir Tegnologie se Computer Connection 0/15A-span is Mpumalanga Grootskool kampioene

Die skool spog met vier Mpumalanga Grootskole kampioene nadat die 0/14B-span, tweedespan en derdespan ook onlangs as die Mpumalanga Grootskole B-spanne kampioene gekroon is

Ligbron Akademie vir Tegnologie se Computer Connection 0/15A-rugbyspan het afloop van die Mpumalanga-grootskoleliga se eindstryd wat Saterdag, 21 Julie op Secunda plaasgevind het, as die Mpumalanga-kampioene uit die stryd getree.

Die skool spog met vier Mpumalanga-grootskolekampioene nadat die 0/14B-span, die tweedespan en die derdespan ook onlangs as die Mpumalanga-grootskole B-spanne se kampioene gekroon is.

Die 0/15A-span het teen Hoërskool Rob Ferreira in die eindstryd te staan gekom en die wedstryd oortuigend met 22-7 gewen.

Hulle sal eerskomende Saterdag, 28 Julie teen Hoërskool Piet Potgieter op Potgietersrus te staan kom in een van die Virsekerbeker se uitdunrondes.

Die Calstar Group-eerstespan het in ’n harde wedstryd teen Hoërskool Secunda in die eindstryd van die Mpumalanga-grootskoleliga gespeel.

Die span is die naaswenners nadat hulle met 7-28 verloor het.

Die Calstar Group-eerstespan speel Saterdag teen Hoërskool Randburg op Randburg in een van die Virsekerbeker-uitdunrondes.

Die 0/14A-span het derde in die Mpumalanga-grootskoleliga geëindig en sal Saterdag teen Hoërskool Dinamika op Alberton speel as deel van een van die Virsekerbeker-uitdunrondes.

Related Articles

Back to top button