School sportSport

Ermelo Hoërskool se leerders vaar goed tydens die Mpumalanga- en Bokkieweektoere

Klarissa Joubert, ’n 0/18-hokkiedogter van EHS, is tydens toernooi vir die SA Bokkiespan gekies wat vanaf 1 Oktober tot 10 Oktober na Rusland gaan toer.

Verskeie leerders van Hoërskool Ermelo het in die vakansie aan Mpumalanga- en Bokkieweektoere deelgeneem.

Ruané Huber, Kayla Grobler en Nicole Venter het die Mpumalanga 0/18B-span verteenwoordig tydens ’n toernooi wat vanaf 2 tot 6 Julie op Potchefstroom plaasgevind het. (Foto: Verskaf)

Rugby:

Die 0/14 Bokkiespan het net een van hul wedstyde gewen. Hendrik de Beer is as man van die wedstryd aangewys tydens een van hul wedstryde. Frikkie de Winnaar is aangewys as die voorspeler van die week vir die Hoëveldspan. Billy van der Walt is gekies as beste voorspeler, asook die algehele speler van die Hoëveldspan. Walter van der Walt is vir die uitnodigingspan wat op Saterdag 14 Julie teen die Duikers gespeel het, gekies. Die Hoëveldspan het dié wedstryd verloor.

Die 0/15A Pumaspan het die toernooi gewen en Corné Jansen van Rensburg is as speler van die wedstryd aangekondig tydens een van hul wedstryde. Die 0/15B Pumaspan het drie wedstryde gewen, terwyl die 0/16 Grant Khomo-span slegs een van hul drie wedstryde gewen het. Die 0/17 Pumas Plattelandspan het drie van hul vier wedstryde gewen. Die 0/18 Akademieweekspan het al drie hul wedstryde verloor, terwyl die 0/18 Craven Weekspan slegs een van hul drie wedstryde gewen het.

Seunshokkie:

Gedeon Boersema en Christian Venter was deel van die 0/15 Hoëveld Bokkiespan wat vanaf 2 tot 7 Julie op Naboomspruit deelgeneem het. Die span het derde in die toernooi geëindig en Gedeon het ses doele tydens die toernooi geskiet.

Daniel van der Merwe is op die aanval. Willie Harmse is agter hom en Dolfie le Grange is die doelwagter tydens vanjaar se Bokkieweek wat op Naboomspruit plaasgevind het. (Foto: Verskaf)

EHS spog vanjaar met ses spelers in die 0/19 Hoëveld Bokkiespan. Adriaan Olivier, Daniel van der Merwe, Rikus Cilliers, Dolfie le Grange, Willie Harmse en Dewald de Villiers het vanaf 30 Junie tot 6 Julie aan die Bokkieweek op Naboomspruit deelgeneem. Die span het drie wedstryde gewen, twee verloor en een gelykop gespeel. Dewald de Villiers is in die 0/19 Gazelle-span ingesluit.

Tristen Küsel is vir die 0/16B Mpumalanga-hokkiespan gekies. Die span het vanaf 23 tot 26 Junie aan die toernooi in Durban deelgeneem.

Edrich Beyer het vanaf 8 tot 12 Julie aan die 0/14B “North Festival” by Jeppe Hoërskool vir die 0/14B Mpumalanga-hokkiespan deelgeneem. Die span het sewe wedstryde gespeel, waarvan hulle vyf gewen het, een gelykop gespeel het en een verloor het. Hulle het algeheel tweede in die toernooi geëindig.

Dogtershokkie:

Die Bokkieweektoernooi vir dogters het vanaf 2 tot 6 Julie op Naboomspruit plaasgevind. Twaalf spanne het aan die toernooi deelgeneem en agt wedstryde is in vier dae gespeel. Na afloop van die toernooi, is 14 spelers vir die SA Bokkiespan gekies.

Die 0/14 Bokkiespan het algeheel vyfde uit 13 streke geëindig, terwyl die 0/16 Bokkiespan algeheel sewende geëindig het. Die 0/18 Bokkiespan het as die wenners van die toernooi weggestap.

Dané du Plessis dribbel die bal tydens die 0/18A Mpumalangatoernooi. (Foto: Verskaf)

Klarissa Joubert, ’n 0/18-hokkiedogter van EHS, is tydens die toernooi vir die SA Bokkiespan wat vanaf 1 tot 10 Oktober na Rusland gaan toer, gekies. Surika Struwig, 0/14-hokkiedogter van EHS, is vir die 0/14 Duikerspan vir SA Bokkies wat in Oktober na Paarl gaan toer, gekies.

Die 0/16B Mpumalangaspan het algeheel sesde in die toernooi geëindig en Lana Herholdt het vir die span gespeel.

Simoné Ferreira van Ermelo Hoërskool in aksie tydens die 0/18A Mpumalanga hokkietoernooi. (Foto: Verskaf)

Lydia Landman, Nicole van der Merwe, Simoné Ferreira en Dané du Plessis het die 0/18A Mpumalangaspan verteenwoordig. Dié span het 12de geëindig.

Drie leerders van EHS, Kyla Grobler, Ruané Huber en Nicole Venter, het die Mpumalanga 0/18B-span verteenwoordig tydens ’n toernooi wat vanaf 2 tot 6 Julie op Potchefstroom plaasgevind het. Die Erries het hulle goed van hul taak gekwyt en as wenners uit die stryd getree.

Netbal:

Luchá van Eck en Madison Botha het aan die 0/19 Bokkieweek op Naboomspruit deelgeneem en hul span het algeheel agtste geëindig.

U-lené Nortje is as die kaptein van die 0/15B Mpumalangaspan aangewys. Hul toernooi het by Hoërskool EG Jansen op Boksburg plaasgevind.

Amy Greyling het die 0/16A Mpumalanga-netbalspan tydens die Suid Afrikaanse Skolenetbalkampioenskap verteenwoordig wat vanaf 2 tot 6 Julie by Sun City plaasgevind het. Amy is ook as die onderkaptein van die span gekies. Hulle het negende uit 22 spanne geëindig. Dié span is die enigste span wat KwaZulu-Natal se span, wat die toernooi gewen het, geklop het.

Amy Greyling is as die onderkaptein van die 0/16A Mpumalanga-netbalspan gekies. (Foto: Verskaf)

Related Articles

Back to top button