School sportSport
Skuts van Ligbron Akademie vir Tegnologie skiet raak tydens die Noord-Gauteng ope
Skuts van Mpumalanga, Noord-Wes, Gauteng, Noord-Gauteng, ESSU, KwaZulu-Natal en Limpopo het aan die byeenkoms deelgeneem.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/93/2018/07/sume-1.jpg)
Ligbron Akademie vir Tegnologie het sewe skuts wat die afgelope skoolvakansie aan die Noord-Gauteng Ope deelgeneem het.
Skuts van Mpumalanga, Noord-Wes, Gauteng, Noord-Gauteng, ESSU, KwaZulu-Natal en Limpopo het aan die byeenkoms deelgeneem.
Die Liggie-skuts het die volgende plekke behaal:
Altesaam 47 skuts het aan die 0/14-afdeling deelgeneem en Francois Voges het 30ste geëindig en Roeland Minnaar 46ste.
In die 0/16-afdeling het 81 skuts deelgeneem. Sumé Snyman het 11de geëindig, Hanro van der Spuy 13de en Ernst Botha 62ste.
In die 0/21-afdeling het 43 skuts deelgeneem en Jan Schoonraad het 21ste geëindig.