EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Danie Botha tree op Secunda op

SECUNDA – Die gospelsanger Danie Botha tree op 20 November by die Kruik Ouditorium op. Kaartjies kos R120 vir volwassenes en R60 vir kinders tussen die ouderdom van drie en ses jaar. Kaartjies sluit kerrie en rys en vrugtesap voor die vertoning in. Dit begin om 6nm vir 7nm en die geld wat ingesamel word, …

SECUNDA – Die gospelsanger Danie Botha tree op 20 November by die Kruik Ouditorium op.

Kaartjies kos R120 vir volwassenes en R60 vir kinders tussen die ouderdom van drie en ses jaar.

Kaartjies sluit kerrie en rys en vrugtesap voor die vertoning in.

Dit begin om 6nm vir 7nm en die geld wat ingesamel word, is ten bate van me. Christelle Prinsloo oor wie die Ridge Times vroeër vanjaar berig het.

Me. Prinsloo was op 18 Augustus in ’n ongeluk betrokke en het bykans al die bene aan die een kant van haar lyf gebreek.

Sy is na die ongeluk eers in die Evander Hospitaal opgeneem, maar sou later na die Witbank Hospitaal oorgeplaas moes word waar sy dalk vir langer as ’n week vir ’n bed sou moes wag.

Haar vriende het egter besluit om haar finansieel te help en het haar in die Mediclinic Highveld laat opneem.

Me. Prinsloo het nie ’n mediese fonds nie en al die behandeling moet dus kontant betaal word.

Kaartjies vir Botha se vertoning kan by Faith4U Boekwinkel by Kruik gekoop word of skakel me. Hannatjie Roets by 082 897 5265.

Daar sal die aand van die vertoning ook kaartjies by die deure beskikbaar wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button