Sport

Ermelo Rugbyklub laat Witbank les opsê

Zevey Geel en Willie de Jager is as spelers van die wedstryd aangewys.

Ermelo Rugbyklub se eerstespan het Saterdag, 30 Junie teen Witbank se rugbyspan te staan gekom.

Die wedstryd het om 2.45nm by AJ Swanepoel Stadion op Ermelo afgeskop.

Ermelo se span het die wedstryd oorheers en met ’n wentelling van 36-14 van die veld afgestap.

Die eerstespan lê tans eerste in die liga.

Zevey Geel en Willie de Jager is as spelers van die wedstryd aangewys.

Ermelo se ses drieë is aangeteken deur Zevey Geel (2), Marnus Muller (1), Niël Rust (1), Willie de Jager (1) en Pieter Pretorius (1).

Die rugbyklub se volgende wedstryd vind Saterdag, 7 Julie op Ermelo plaas.

Die klub nooi die gemeenskap om hulle te ondersteun.

Die klub se oefentye is Dinsdae en Donderdae vanaf 6nm by die AJ Swanepoel Stadion.

Enige iemand wat belangstel om by die klub aan te sluit, kan mnr. Pierre van Rooyen skakel by 076 310 2305 of mnr. Jacques Strydom by 082 328 3410.

Related Articles

Back to top button