MunicipalNews

Asgate bly ’n probleem vir inwoners in Ermelo

“Die stortingsterrein en die toestande daar is al vir baie lank ’n probleem en die munisipaliteit gooi net ’n dowe.”

Nadat die Hoëvelder op 25 Mei oor die toestand van die Ermelo-stortingsterrein in die noordelike deel van die dorp berig het, het nog niks daar verander nie.

’n Sakeman het gesê behalwe dat dit ’n onhigiëniese toneel is wat mense wat vuilgoed wil aflaai daar begroet, is dit ook nie veilig om alleen daarheen te gaan nie.

Van die mense wat daar aas, bestorm die voertuie wat wil aflaai om te sien wat in hul vuilgoedsakke is. ’n Inwoner het gekla oor die ingang wat geblokkeer word deur vuilgoed wat kort na die afdraai vanaf die hoofpad gestrooi word.

“Die stortingsterrein en die toestande daar is al vir baie lank ’n probleem en die munisipaliteit gooi net ’n dowe.

Lees ook: Ontstoke Ermelo inwoners meen die stortingsterrein is ‘n gemors

“Ons betaal ons erfbelasting getrou, maar kry geen waarde vir ons geld nie,” het hy bygevoeg.

Tydens die Hoëvelder se besoek was mense besig om vuilgoed voor die ingang van die stortingsterrein af te laai.

Soos voorheen berig het AfriForum verlede jaar ’n jaarlikse vullisterreinouditveldtog geloods en slegs 42 persent aan Ermelo se stortingsterrein toegeken.

Dié vragmotor laai vuilgoed voor die ingang van die stortingsterrein af.

Om aan wetgewing te voldoen, moet ’n vullisterrein minstens 80 persent behaal.

Navrae is aan die munisipaliteit gerig, maar geen kommentaar is teen druktyd ontvang nie.

Volgens ’n raadslid se SMS aan ’n inwoner word daar met die kontrakteur wat verantwoordelik is vir die opruiming van die vullisterrein onderhandel. Hy is glo nie vir drie maande betaal nie en sy sou die probleem onder die burgemeester se aandag gebring het. Geen terugvoer is teen Maandagmiddag ontvang nie.

Related Articles

Back to top button