Local newsNews

Ermelo-onderneming brand af – só maak jy tydens ’n brand

ER24 moedig gemeenskap aan om veiligheidswenke toe te pas tydens die verhitting van wonings en ondernemings in die winter.

Die brand wat Dinsdag, 8 Mei ’n motoronderdele-onderneming op die hoek van Jan van Riebeeck- en Oosthuize-straat vernietig het, is volgens kapt. Jaco Johnstone van die Msukaligwa Vuur- en Reddingsdienste aan die Ermelo polisie oorhandig.

Die polisie ondersoek ’n saak van brandstigting. Geen beserings is tydens die brand aangemeld nie. Die oproep oor die brand het omstreeks 6.40nm plaasgevind, waarna die vuur- en reddingsdienste vinnig op die toneel was en die vlamme kon blus, maar die winkel het reeds groot skade gelei.

ER24 het ’n beroep op die gemeenskap gedoen om veiligheid toe te pas tydens die verhitting van hul wonings en ondernemings.

Algemene veiligheidswenke om brande te voorkom:

– Hou enige aanstekers en vuurhoutjies buite die bereik van kinders.

– Blaas kerse altyd uit voordat jy gaan slaap en moet nooit kinders sonder toesig by ’n oop vuur of kers laat nie.

– Moet nooit ’n vuur begin of die verwarmer aanskakel terwyl jy onder die invloed van alkohol is nie.

– Maak seker dat jou elektriese komberse in goeie werkende toestand is en dat daar geen drade oop is nie.

– Hou altyd ’n venster oop om voldoende ventilasie te verseker wanneer ’n vuur binnenshuis aangesteek word.

– Moet nooit ’n verwarmer gebruik om klere warm of droog te maak nie.

– Hou altyd ’n klein huishoudelike brandblusser in die huis en maak seker dat almal bewus is van hoe om dit te gebruik.

Wat om te doen as jy brandwonde opdoen:

– Mense met erg brandwonde moet dadelik na die naaste hospitaal vervoer word.

– Skakel die nooddienste dadelik.

– Vir klein brandwonde, hou die wond onder koue lopende water vir 10 tot 20 minute.

– Enige brande naby die mond, neus, nek of keel moet beskou en behandel word as ernstige brandwonde.

Wat om nie te doen nie as jy brandwonde opdoen:

– Moenie die rowe van die wond afkrap nie.

– Moenie ys direk op die wond plaas nie.

– Moenie enige huishoudelike middel gebruik om op die wond te plaas nie. Die pasiënt staan ’n groter kans om infeksie op te doen en die wond verder te beskadig.

Related Articles

Back to top button