CrimeGeneralLocal newsMunicipalNews

As dit pap reën moet jy skep

’n Man verkoop onwettig pap en sous oorkant ’n plaaslike onderneming

BETHAL – Inwoners is boos omdat ’n man ’n tent in die residensiële gebied in Bethal-Oos opgeslaan het en pap en sous vandaar verkoop.

Hy staan al vir bykans twee maande langs Mainlaan naby ’n speelpark vanwaar hy die kos verkoop.

Mense sê hy sit daagliks saam met vriende en drink, terwyl hy sy informele onderneming bedryf.

Die Echo en Ridge Times het ondersoek ingestel en gevind dat hy advertensieborde teen bome opgerig het en dat die gebied met blikke, kos en rommel bestrooi is.

’n Afdak op die hoek van Main- en Van der Hydelaan het nou ook ’n plek vir samekoms geword en die veld is ook met rommel en bierblikke bestrooi.

Mense speel ook glo daagliks sokker in die verlate speelpark.

“eMzinoni het verskeie sokkervelde, waarom moet mense in die residensiële gebied sokker speel wat vir motoriste en hulself ’n risiko inhou?” het ‘n inwoner gevra.

“Sakelui maak staat op die handjie vol kliënte in dié gebied om te oorleef en betaal belasting en huur.

“Dit is nie regverdig dat iemand dan etlike meters voor dié ondernemings ’n tent opslaan en ’n informele onderneming bedryf nie,” het hy gesê.

Mnr. Henry Masango, uitvoerende bemarkings- en kommunikasiebestuurder van die Govan Mbeki Munisipaliteit, het nie teen druktyd reageer nie.

Related Articles

Back to top button