Sport
Ermelo Ringbalklub vaar goed tydens die Gert Sibande Proewe
Ermelo Ringbalspelers haal verskeie Gert Sibande spanne
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/93/2018/05/IMG_9958_92120.jpg)
Ermelo Ringbalklub het onlangs aan die Gert Sibande-proewe op Ermelo deelgeneem.
Agt van die klub se spelers het onderskeie Gert Sibande-spanne gehaal.
Delina Smit, Zandra van der Merwe, Driekie van Nieuwenhuizen en Debbie du Preez het die vroue A-span gehaal, terwyl Alice Smit en Catie van den Berg by die meester vroue span ingesluit is.
Annieka van Eck het die vroue B-span gehaal en Dries Smith die mans A-span.
Die spelers neem van 1 tot 7 Julie aan die nasionale kampioenskap in Pretoria deel.
Die klub het hul borge, Nashua Ermelo, Mpumalanga Brick & Crete en Hinterland wat die jaar moontlik gemaak het, bedank.