NewsSchools

JJ-sportspanne blink uit tydens verskeie toere

Die span het ook die trofees ontvang vir voortreflike gedrag en is ook aangewys as die span wat die aanskoulikste rugby gespeel het.

Laerskool JJ van der Merwe se sportspanne het tydens die skoolvakansie verskeie toere onderneem om hulle tegnieke op te skerp.

Die eerste netbalspan het vanaf 27 Maart tot 2 April na George getoer.

Die uitslae is : Verloor teen Helderkruin Laerskool (10 – 20), klop Laerskool Tygerpoort (15 – 3), verloor teen Laerskool Rustenburg (16 – 26), verloor teen Laerskool Constantia Park (13 – 26) en wen hulle laaste vier wedstryde teen Laerskool George-Suid (15 – 11), Laerskool Garsfontein (17 – 11), Laerskool Park (20 – 7) en Laerskool Kruinsig (16 – 13).

Dié span eindig algeheel agtste van die 14 skole wat die toer bygewoon het.

Lees ook: Errie ruiters wys hul staal tydens die tweede Sanesa kwalifiserende ronde

Die eerste rugbyspan se seuns is na afloop van hulle toer na Volksrust as wenners van die toerweek aangewys.

Hulle uitslae is: Hulle verloor slegs een wedstryd teen Laerskool Piet Retief (19 – 22), klop Laerskool Huttenpark (42 – 13), Laerskool Arbor Park (57 – 0), Laerskool Pretoria-Oos (17 – 14) en Laerskool Lydenburg (29 – 5).

Kyle Alves is as voorspeler van die toernooi aangewys, terwyl Steyn Landman, Dewald Müller, Riël Hugo, Tyrone Berning en Kyle Alves in verskeie wedstryde as man van die wedstryd aangewys is.

Die 0/11A-rugbyspan het van 25 tot 28 Maart na Volksrust getoer.

Hulle het algeheel derde in die toernooi geëindig en bronsmedaljes ontvang.

Die span het ook die trofees ontvang vir voortreflike gedrag en is ook aangewys as die span wat die aanskoulikste rugby gespeel het.

Tydens die vyf wedstryde is Morné Engelbrecht, Renier van Staden, Janco Kleynhans, Devan Scheepers en Lebogang Lubisi as speler van die wedstryd aangewys.

Related Articles

Back to top button