Local newsNews

Lede van die Meppel-plaaswag maak Lothairpad skoon

Boere en plaaswerkers wil pad veiligheid bevorder deur Lothairpad skoon te maak.

Boere en plaaswerkers wat deel vorm van die Meppel plaaswag is vandag (Donderdag) besig op die Lothair pad  om die draaie skoon te maak om die  veiligheid van motoriste te verseker.

“Soveel ongelukke gebeur op ons pad omdat dit nie sigbaar is om die draaie nie” het me. Theresa Potgieter gesê.

“Ons  probeer dus  ons  gemeenskap se veiligheid op dié pad verseker.”

Volgens me. Potgieter sal dit  nou ’n instelling word om dié pas skoon te maak.

Motoriste kan nie om die draaie op die Lothairpad sien nie wat volgens die lede van Mepple plaaswag ongelukke veroorsaak op die pad. (Foto verskaf)

 

Boere en plaaswerkers wat deel is van die Mepple plaaswag is besig om die Lothairpad skoon te maak om sigbaarheid om die draaie te verbeter. (Foto verskaf)

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Related Articles

Back to top button