EntertainmentLifestyleSport

Lugskou beloof groot opwinding

Die Suid-Afrikaanse Lugmag het bevestig dat hul vliegtuie in aksie sal wees op die FAW Ermelo Lugskou wat op 7 April op Ermelo se vliegveld plaasvind. Die Ermelo Lugvaartvereniging het gesê hul deelname sal bydra om dit weer eens ’n besondere lugskou te maak. Die beste vliegspanne en vlieëniers wat solovertonings lewer, het reeds bevestig …

Die Suid-Afrikaanse Lugmag het bevestig dat hul vliegtuie in aksie sal wees op die FAW Ermelo Lugskou wat op 7 April op Ermelo se vliegveld plaasvind.

Die Ermelo Lugvaartvereniging het gesê hul deelname sal bydra om dit weer eens ’n besondere lugskou te maak.

Die beste vliegspanne en vlieëniers wat solovertonings lewer, het reeds bevestig dat hulle die toeskouers na hul asems gaan laat snak.

Die vliegprogram word só saamgestel dat dit ’n groot verskeidenheid aanbied, van ’n ligte Gyrocopter tot ’n Jet-aangedrewe vliegtuig, asook ou en moderne vliegtuie.

Daar sal ook valskermspringers wees.

Dit is vir die vereniging belangrik om vliegtuie uit te stal, want dit gee mense die geleentheid om die interessante vliegtuie van nader te beskou.

Die Harley Davidsons gaan soos gebruiklik ook weer daar wees en gaan tydens die amptelike opening op die aanloopbaan ry.

Voertuie, vragmotors en trekkers gaan ook uitgestal word.

Vir die kooplustiges sal daar ’n vlooimark en kosstalletjies wees.

Die lugvaartvereniging het ’n beroep op Ermeloërs en inwoners van omliggende dorpe gedoen om die lugskou te ondersteun.

Hulle het bygevoeg dat dit baie duur is om ’n lugskou aan te bied en elkeen wat ’n kaartjie koop, help om die skouspel na die platteland te bring.

Die lugskou gaan ook vanjaar ’n groter biertuin hê met baie meer sitplek en toeskouers kan tot laat kuier.

Die aandvertoning van die Flying Lions wat met vier Harvard-vliegtuie gaan vlieg, is volgens mnr. André van Rooyen iets waarvoor almal moet wag. Hy het almal genooi om saam met vriende te kuier totdat dié vertoning plaasvind.

Vir navrae, skakel mnr. Van Rooyen by 082 417 0174. Om meer oor die vlooimark uit te vind, skakel Hein Aucamp by 082 571 2530.

Related Articles

Back to top button