Local newsNews

Pastoor met ’n hart vir ons gemeenskap

Pastoor Jacques Ferns het byna twee jaar gelede die “Care”-projek begin om mense op die dorp, wat niks het nie, van ’n maaltyd te voorsien.

Pastoor Jacques Ferns het byna twee jaar gelede die “Care”-projek begin om mense op die dorp, wat niks het nie, van ’n maaltyd te voorsien.

Hy en ’n gemeentelid het eers ’n pot sop gemaak, ’n brood gekoop en een aand deur die strate van Ermelo gery en oral waar mense op straat gesien is, gestop en kos gegee.

“Ons het dit gebaseer op wat Jesus vir die dissipels gesê het: “Ek was in die tronk, maar julle het my nie besoek nie en Ek was honger en julle het my nie kos gegee nie,” het past. Jacques gesê.

Op die dissipels se vraag van wanneer dit ooit so was, het Hy geantwoord dat as hulle dit nie aan die geringstes gedoen het nie, hulle dit ook nie aan Hom gedoen het nie.

Hulle het dit aanvanklik een keer ’n week gedoen en nooit dié dag misgeloop nie en dit was vir hom belangrik om vir die hulpbehoewendes te wys dat dit ’n ononderbroke instelling is.

 

Lees die volledige artikel in die week se koerant.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter

Related Articles

Back to top button