CrimeNews

Polisie waarsku inwoners teen swendelaars in Ermelo

Etlike mense is die afgelope paar dae met dié slenter gevang.

Die Ermelo polisie waarsku mense om nie juweliersware by mense op straat te koop nie.

Die netjiesgeklede swendelaars is veral by winkelsentrums en vulstasies bedrywig en hou ’n juweliersboksie met ’n horlosie, ringe en ’n ketting aan mense voor en probeer dit teen R2 000 verkoop.

Etlike mense is die afgelope paar dae met dié slenter gevang.

Die juweliersware lyk eg, maar is nie.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Related Articles

Back to top button