NewsSchools

Ermelo Hoërskool presteer in die Gert Sibande District

Die top presteerders van 2017 se matrieks is onlangs bekendgemaak en oudergewoonte het die Erries hul onderskei.

Die top presteerders van 2017 se matrieks is onlangs bekendgemaak en oudergewoonte het die Erries hul onderskei.

Amanda du Toit is as die Gert Sibande streek se beste leerder in Afrikaans Huistaal (90%) en Rekeningkunde (97%) aangewys.

Amanda het sewe onderskeidings behaal wat Engels Eerste Addisionele Taal (91%), Wiskunde (90%), Lewensoriëntering (93%), Ekonomie (87%) en Fisiese Wetenskap (93%) insluit.

Amanda sal vanjaar aan die Unversiteit van Pretoria studeer nadat sy ’n volle studiebeurs ontvang het.

Mnr. Faans van der Merwe is as Gert Sibande se beste onderwyser in Landbouwetenskap aangewys.

Die skool het die leerder en mnr. Van der Merwe gelukgewens.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter

Related Articles

Back to top button