CrimeNewsUpdate

Vrou van wie tone afgekap is terug in Ermelo hospitaal en op herstelpad

Teen Donderdag was sy terug in Ermelo provinsiale hospitaal en uit die intensiewe eenheid na ’n gewone saal oorgeplaas.

Die Hoëvelder het verlede week berig oor Me. Cornelia Grobler wat verlede oor die kop met ’n stomp voorwerp geslaan is en haar tone afgesny is nadat vier mans haar oorval het, in die motor gelaai het en met haar weggery het uit die dorp uit.

Sy is Maandag na eMalahleni (Witbank) provinsiale hositaal oorgeplaas waar sy ’n operasie ondergaan het om die bloeding op haar brein te dreineer.

Teen  Donderdag was sy terug in Ermelo provinsiale hospitaal en uit die intensiewe eenheid na ’n gewone saal oorgeplaas.

Die Hoëvelder het haar in die hospitaal besoek en sy het regop in haar bed gesit toe ons daar aankom.

Sy is baie getraumatiseerd oor haar tone afgekap is en së dat sy nie al die gebeure van dié aand kan onthou nie.

Wat sy wel onthou is dat die mans met haar uit op die N17 tot verby Nooitgedacht gery het en haar met die agterkant van die byl oor haar kop geslaan het.

Sy was bewusteloos en kan nie onthou wanneer en waar haar tone afgekap is nie.

Sy het haar bewussyn op die grondpad herwin en besef dat haar tone afgekap is.

Tydens ons besoek aan mev. Grobler het vier van haar vriendinne ook opgedaag en sy kon hulle herken.

Related Articles

Back to top button