MunicipalNews

Ermelo stortingsterrein is vervalle en in ‘n chaotiese toestand

Die pad wat eens gelei het na die ingang is onsigbaar tussen al die vullissakke en gemors en langs die pad was spore van vorige voertuie sigbaar wat vullis in die veld gestort het.

Vroeg in die nuwe jaar het die Hoëvelder reeds klagtes ontvang van inwoners wat bekommerd is oor die vervalle en chaotiese toestand van Ermelo se stortingsterrein aan die noordekant van die dorp.

Volgens ’n inwoner wat in die omgewing woon, vererger die toestand met geen poging om die rommel te verwerk nie.

Die inwoner het beweer dat rommel die ingang van die terrein blokkeer wat tot gevolg het dat vullis in die pad wat lei na die ingang, asook in die veld rondom die omheinde gebied, afgelaai word.

Die inwoner het kommer uitgespreek oor die gesondheidsrisiko vir sowel mens as dier.

Lees ook: Ermelo vullisterrein dop die toets

Die Hoëvelder het die stortingterrein besoek om die bewering te ondersoek.

Lees die volledige artikel in die koerant op ons webtuiste hier.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Related Articles

Back to top button