CrimeNews

Vrou glo by ‘kliniek’ verkrag terwyl sy onder narkose was

Die ginekoloog het aan Elsie vertel dat haar beserings ooreenstem met iemand wat gewelddadig verkrag is.

Elsie (van weerhou) was ’n borrelende lewenslustige vrou toe sy na ’n kliniek in Gauteng verwys is met blaas probleme. Daar sou hulle onder narkose met ’n kamera na haar blaas kyk om te bepaal wat verkeerd is.

Elsie vertel dat sy en twee mans, waarvan die ouer een homself as ’n dokter voorgestel het, alleen in die teater was.

“Dit was nie soos ’n gewone teater met ligte en goed nie. Dit was ’n klein donker kamertjie gewees.”

Die laaste wat sy kan onthou is net voor sy onder narkose gesit is. Toe sy wakker word het dieselfde ouer man vir haar gesê dat sy aan ’n ‘senuagtige blaas’ lei voordat sy ontslaan is.

“Dit was vreeslik seer. Ek het geweet daar is groot fout. Ek wou net weg kom,” vertel sy.

Toe sy by die huis kom en badkamer toe gaan, het haar derms by haar rektum uitgepeul en haar vagina het gebloei.

Lees die voledige artikel op die Middelburg Observer se webtuiste hier.

Related Articles

Back to top button