Local sportSport

Gure weer stuit gholfspelers nie

Daar was ’n Isuzu dubbelkajuit bakkie op die spel vir ’n kolhou op die vierde bof en Chanté Boonstra het dit net-net gemis.

Joof Otto en Eddie de Lange was die wenners van Ligbron Akademie vir Tegnologie se gholfdag wat verlede Saterdag op Ermelo se baan plaasgevind het.

Hulle het ’n bees geborg deur Fanus Stapelberg gewen.

Christiaan Jacob en Phillip Coetzer was in die tweede plek.

Altesaam 160 spelers het ingeskryf vir die dag en swaar weer het veroorsaak dat hulle vir ’n wyle die baan moes verlaat en by die klubhuis skuiling soek, maar spel is kort daarna hervat.

Daar was ’n Isuzu dubbelkajuit bakkie op die spel vir ’n kolhou op die vierde bof en Chanté Boonstra het dit net-net gemis.

JP Labuschagne, Chanté Boonstra, P van Zyl, Freddie Els Anton Bakker en Niel Cliffird het pryse gekry vir naaste aan die pen.

Volgende Saterdag vind die Hervormde Kerk Suid se Pienkbal-gholfdag plaas.

Plaas betyds jou naam op die afslaanlys.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Related Articles

Back to top button