Local newsNews

SAVF-huis groete Louise-verwelkom Chantal

Me. Louise van der Merwe, uittredende bestuurder, het al die donateurs en almal in die gemeenskap wat tydens haar tyd by die tehuis betrokke was, vir hul bydrae bedank en genooi om hul betrokkenheid voort te sit.

Ná 21 jaar het me. Louise van der Merwe die tuig neergelê by die SAVF-huis op Ermelo en neem me. Chantal Smit die leisels by haar oor.

Chantal is ’n oud-Ermeloër en het ’n passie vir bejaarde mense.

Sy sien uit daarna om die mense van Ermelo meer betrokke by die tehuis en sy bedrywighede te kry en nooi almal om sommer net ’n draai te maak en ’n geselsie met die inwoners aan te knoop.

Chantal sal ook graag meer uitstappies vir die inwoners wil reël en nooi borge om betrokke te raak.

Me. Louise van der Merwe, uittredende bestuurder, het al die donateurs en almal in die gemeenskap wat tydens haar tyd by die tehuis betrokke was, vir hul bydrae bedank en genooi om hul betrokkenheid voort te sit.

Sy bly aan as voorsitter en sal dus nog in kontak met almal bly.

Mense wat betrokke wil raak, kan Chantal by 017 819 3614/7 skakel.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button