School sportSport

Ligbron val vas teen Lydenburg

Dié Liggie-span het deurgedring as die nommereen-T20-span in Gert Sibande en die wedstryd op Lydenburg was hulle eerste Mpumalanga-uitspeelwedstryd.

Ligbron Akademie vir Tegnologie se TWK Superliga eerste span het Woensdag, 11 Oktober, hulle laaste wedstryd vir die seisoen teen Hoërskool Lydenburg op Lydenburg se veld gespeel.

Dié Liggie-span het deurgedring as die nommereen-T20-span in Gert Sibande en die wedstryd op Lydenburg was hulle eerste Mpumalanga-uitspeelwedstryd.

Ligbron het die loot gewen en Lydenburg ingestuur om eerste te kolf. Lydenburg het 186/7 in hul toegelate 20 boulbeurte aangeteken.

Die Liggies was in hulle kolfbeurt gou in die moeilikheid toe Ruben Herbst vir geen lopies in die tweede boulbeurt uitgebou is met die telling op vier lopies.

Charl du Toit het voortgekolf en 24 lopies saam met Hanco Bakker aangeteken wat 16 lopies
aangeteken het voordat hy uitgevang is.

Ebrahim Timol (25 lopies) is uitgehardloop en hierna het die paaltjies met reëlmaat geval.

Die Liggies met 90/8 in hul 20ste boulbeurt het met 96 lopies verloor en só hul seisoen beëindig.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Related Articles

Back to top button