NewsSchools

Hoërskool Ermelo se Musieksentrum hou lentefees

Dié konsert bied leerders die geleentheid om hul talent en harde werk voor 'n gehoor ten toon te stel en van die leerders se optredes het ook as evaluasie vir hul praktiese punte gedien.

Die EHS Musieksentrum het verlede week hul jaarlikse Lentekonsert aangebied.

Dié konsert bied leerders die geleentheid om hul talent en harde werk voor ‘n gehoor ten toon te stel en van die leerders se optredes het ook as evaluasie vir hul praktiese punte gedien.

Die aand is geopen met die EHS se Marimba-“band” gevolg deur die sangensemble. Daarna het die laerskoolkinders aan die beurtgekom.

Van die heel jongstes se blokfluittrio met ‘n kostelike weergawe van “Old MacDonald had a farm”, die blokfluit-en dromduet van “The saints go marching in” tot klavierspel van ontluikende jong pianiste het ‘n waarderende applous van die gehoor ontlok.

Dansers van Adèle Grey Dansskool het skouspelagtige uitvoerings gelewer.

Die tweede helftde van die program is aan die hoërskoolleerders gewy met ‘n verkeidenheid sangitems en instrumentele solo’s wat onder meer die fluit, viool, kitaar en klavier ingesluit het.

Die gehoor is bekoor deur items soos Miri Conradie en Elbeth Badenhorst se weergawe van “The flower duet” uit Lacmé, Lusanti Brundyn en Daniel van der Merwe se vertolking van Mozart se Rondo a la Turca op die viool en klavier en Lusanti Brundyn se solo-vioolvertolking van Monti se Csardas.

Die kultuurleiers 2017, Maryke Marais en Christian Stoffberg, het die aand met ‘n sielvolle sangduet van “The Prayer” afgesluit.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Related Articles

Back to top button