NewsSchools

Errie-landbouers geniet prakties

Saam met die genot en die leer, is die leerders ook geëvalueer en het praktiese punte ontvang.

Die gr. 10-Landbouleerders van EHS het Woensdag, 20 September ‘n paar ure prakties gedoen op mnr. Pierre Theron se plaas

Die leerders het geleer hoe om kalfies te onthoring, doseer, in te ent en om beeste op die regte manier uit te keer.

Saam met die genot en die leer, is die leerders ook geëvalueer en het praktiese punte ontvang.

Almal het besonder goed gevaar.

Ná die harde werk, het hulle bulle van verskillende ouderdomme bestudeer en na verskeie aspekte van plaasbestuur geluister.

Die dag is afgesluit met ‘n vrolike gebraai, geëet en geswem.

Die Erries spreek hul dank uit teenoor mnr. Theron vir die voorreg om sy plaas te kon besoek en so baie te kon leer, asook teenoor mnr. Faans van der Merwe wat vir sy leerders geleenthede skep om Landbou buite die klaskamer te ervaar.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button