Local newsNews

Beter mielie-oes, maar inkomste is swakker

Mielieboere se opbrengs vanjaar is sowat 30 persent meer as die vorige jaar, maar hul inkomste is sowat 40 persent swakker.

Mielieboere se opbrengs vanjaar is sowat 30 persent meer as die vorige jaar, maar hul inkomste is sowat 40 persent swakker.

Dit kan toegeskryf word aan ‘n swakker mielieprys.

In die 1981/82-seisoen was die mielie-oes 12 miljoen ton.

Volgens mnr. Willie Oosthuizen, Omnia Kunsmis se verkoopsagent, het boere vanjaar ‘n rekordoes gelewer van 16,4 miljoen ton.

Die gemiddelde opbrengs vir Mpumalanga in Julie was 6,70 ton per hektaar, teenoor die 4,73 ton per hektaar in 2016.

In die omgewing het Bethal 8,48 ton per hektaar gelewer teenoor 5,58 ton per hektaar in 2016, Standerton het 8,25 ton per hektaar gelewer teenoor 5,31 verlede jaar, Ermelo het 5,95 ton per hektaar gelewer teenoor 4,88 verlede jaar, en Hoëveldrif 7,26 ton per hektaar teenoor 4,20 ton per hektaar verlede jaar.

Boere het vanjaar 490 000 hektaar mielies aangeplant, wat dieselfde is as verlede jaar.

Soja-aanplantings was 241 000 hektaar teenoor verlede jaar se 240 000.

Mnr. Oosthuizen het daarop gewys dat boere vir Desember-lewering sowat R1 930 per ton vir witmielies sal kry, en vir geelmielies is die prys R2 037 per ton.

Boere het verlede jaar gemiddeld sowat R3 500 vir geel- en witmielies gekry.

Hy voorsien ‘n mielie-oorskot omdat die binnelandse gebruik sowat sewe miljoen is.

Volgens hom het die Hoëveld nie noodwendig ‘n bogemiddelde reënval gehad nie, maar dit was eerder goed verspreid en het op die regte tye geval.

Bethal het in Januarie sowat 169 mm reën gehad, teenoor die 76 van die 2015/2016-seisoen. Die 20-jaargemiddeld vir Januarie is 697 mm.

In Februarie is 109 mm reën gemeet, teenoor die 60 mm van die vorige seisoen en die 20-jaargemiddeld van 89.

Hierdie goeie reënval het ‘n groot invloed op die goeie opbrengste gehad.

Volgens mnr. Oosthuizen is Januarie en Februarie gewoonlik die bestuiwingstyd vir mielies.

Op die Hoëveld plant boere meestal mielies, soja en in ‘n mindere mate sonneblom.

“Aartappels het so te sê heeltemal verdwyn in die gebied.”

Geelmielies word hoofsaaklik op die Hoëveld verbou.

Mnr. Oosthuizen het gesê dat die gemiddelde insetkoste vir Mpumalanga sowat R12 000 per hektaar is vir ‘n 5,5 ton per hektaar mikpunt vir mielieopbrengs.

Safex se geskatte prys vir mielies vir lewering in Julie 2018, beloop R2 000 per ton.

Dit beteken dat boere sowat 6,96 ton per hektaar mielies moet oes om gelyk te breek, omdat insetkoste sowat R277 per ton beloop, wat R1 723 per hektaar netto verteenwoordig.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Related Articles

Back to top button