LettersOpinion

Dankie vir hulp, bystand en gebede

Johnny Chinn, Carolina: Ek het 29 Februarie 2015 n liesbreukoperasie in Wilgers-hospitaal in Pretoria ondergaan en is die volgende oggend ontslaan.

Johnny Chinn, Carolina:
Ek het 29 Februarie 2015 n liesbreukoperasie in Wilgers-hospitaal in Pretoria ondergaan en is die volgende oggend ontslaan.

Kort nadat ek in my voertuig geklim het en my lewensmaat skaars vier treë gery het, het ek ‘n massiewe beroerte gekry.

En is dadelik weer in die hospitaal opgeneem waar ek vyf dae in die intensiewesorgeenheid deurgebring het en later na die “step-down”-eenheid in die Eugene Marais-hospitaal oorgeplaas is.

Ek wil eerstens baie dankie sê aan Jesus Christus dat Hy my genadig was en my teruggebring het huis toe, toe my lewensmaat hardop gebid en gesmeek het om my te spaar.

Dit was ‘n wonderwerk en ek is dankbaar dat Hy my nog elke dag deurdra en my die krag gee en dié moeilike pad saam met my wandel.

Al loop ek met krukke en al kan ek nie meer doen wat ek kon doen voor die beroerte nie, is ek steeds dankbaar want God is goed vir my.
Ek prys die Here.

Ek wil ook baie dankie sê aan al my familie en opregte vriende wat ons in dié moeilike tyd bygestaan het.

Dankie vir elke besoek, hulp by die huis, oproep, bemoediging,verdraagsaamheid en gebede, dankie vir die omgee-mense wat altyd net daar was. Dit word alles so opreg waardeer.

‘n Spesiale dank aan Andries Steyn vir al jou hulp en bystand deur al die tyd en die opofferings wat jy moes maak – ek waardeer dit.

Nog ‘n spesiale dank aan my lewensmaat, Tina Ras, wat my elke dag met groot liefde en geduld versorg.
Dankie vir al jou gebede.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Related Articles

Back to top button